Copy
Met trots geborg deur SA Natural Products

17 Junie 2016
Beste Luisteraar

Die onlangse aankondigiing deur SABC se operasionele hoof, Hlaudi Motsoeneng, dat 90% van musiek op radiostasies voortaan plaaslike musiek sal wees, het baie reaksie uitgelok. Die grootste uitdaging om dié teiken te bereik is nie om plaaslike musiek te vind nie, maar wel plaaslike musiek van goeie gehalte.

Ons het weereens ‘n paar eerstes en nuwe dinge om mee te spog: die eerste Blokraaitoernooi in die land, ‘n regstreekse CD-bekendstelling van ‘n nuwe stem in Afrikaans, ‘n nuwe Musiek en Liriekreeks op Maandagaande,

Moenie vergeet om jou voorspelling van die eindtelling tussen die Bokke en Ierland Saterdag op Ellispark te sms nie. Jy staan ‘n kans om danksy MMS R10 000 in ons rugbyraaikompetisie te wen.

Groetnis uit Aucklandpark,
Magdaleen en die RSG-span

Skok-feite oor internasionale wapenhandel onthul


Die gesprek in Praat Saam het onstellende inligting oor die skaduwêreld van die rolspelers en middelmanne in internasionale wapenhandel aan die lig gebring. Lees meer.

Nuwe Musiek en Liriek reeks


‘n Nuwe musiekreeks bekend as Musiek en Liriek begin in Julie op Maandagaande. Samesteller en aanbieder Willem Pelser (foto) vertel meer.

Kopkrap en Kompas vervang Befonk


Befonk kry vanaf Julie ‘n nuwe vonk, ‘n nuwe aanslag en gaan meer hulp bied vir leerders met hul skoolvakke en beroepskeuses. Dit word nou Kopkrap en Kompas. Lees meer.

90% Plaaslike musiek

RSG steun graag plaaslike goed - hier is ons uitgdaging -  help ons om gehalte plaaslike musiek van te vind, sê Magdaleen Kruger.

Steffie se CD op RSG bekend gestel

Die eerste CD van Steffie le Roux, wat beskryf word as ‘n opwindende nuwe stem in Afrikaanse musiek, is regstreeks op Tjailatyd bekend gestel. Lees meer.

Luister op 23 Junie na Ragel, ‘n koue-rillings riller


Die voorlaaste drama wat hierdie drama seisoen op jou wag, is ‘n riller van ‘n spookstorie. Lees meer.

4 gewildste radiodramas van dié seisoen

Daar is nou maar net iets spesiaals omtrent vanjaar se radio dramas. Indien jy dit gemis het, luister gerus naVergifnisDie wittebroodSiembamba enTeerling - elk 'n treffer opgrond van  luisteraarsreaksie.

1e RSG-blokraaitoernooi op ‘n fees


Nog 'n eerste van RSG - die eerste blokraaitoernooi wat ooit op ‘n kunstefees in die land gehou gaan word - word  op 15 en 16 Julie op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein aangebied. Lees meer.

Vandeesweek se fliekrubriek

Truth, met Cate Blanchet en Robert Redford, vertel die storie van joernaliste wat inligting oor George W. Bush se dae in lugmag opdiep. Truth laat jou vasgenael wil sit, terwyl jou mond oophang oor wat jy gaan sien. Lees verder oor Truth en ander flieks.

Luister weer

Praat Saam: Onteiening van landbougrond
Regsake: Neem mediese nataligheid toe?
Groeipyne: Voorbereiding op nuwe baba
Gesondheid: Nuut! Genetiese toetse op die embrio
Hierdie epos word namens RSG gestuur opgrond van jou intekening ons nuusbrief.

Klik op die volgende skakels indien jy jou eposadres wil verander of jou subskripsie staak.

Ons epos addres is: info@rsg.co.za